<aside> <img src="/icons/customs_yellow.svg" alt="/icons/customs_yellow.svg" width="40px" /> Die eerste ding wat moet gebeur, is dat jy 'n werksaanbieding moet kry, deur 'n eligible sponsor in Nederland, sodat jy die nodige visum kan kry. Daar is twee hoof maniere om dit te laat gebeur. Die eerste en maklikste manier is om deur 'n agentskap te werk. Maar soos ek glo baie van julle al besef het, is dit moeiliker as jy ouer is as 30 en in sekere velde is daar nie gespesialiseerde agente nie. Dan moet mense self aksie vat en dis hoekom ek die gids opgestel het om so meer mense te kan help. Die tweede manier is om self 'n werksaanbod te kry by 'n werkgewer wat 'n geskikte borg in Nederland is. Of deur 'n umbrella company te werk maar meer oor dit later in die gids.
</aside>
As 'n 29-jarige Suid-Afrikaanse millwright wat 'n internasionale werwer geword het, het ek eerstehands gesien hoe uitdagend die proses kan wees om werk in Nederland te kry. Voor jy begin aansoek doen, wil ek voorstel dat jy jou werksoekproses in Nederland sien as 'n strategiese spel. Ek het hierdie gids opgestel na aanleiding van my eie ervarings in verskeie lande en my huidige werk by NLIST, 'n tegnologie- en tegniese werwingsmaatskappy.
As Suid-Afrikaner verstaan ek dat werk kry in Nederland uitdagend kan lyk. Maar deur dit as 'n Game te benader, word dit makliker en opwindend. Duidelike doelwitte en spertye kan jou gemotiveerd hou, net soos wat dit my gehelp het in my eie loopbaanreis.
Sien elke stap as 'n nuwe "vlak" in jou loopbaan Game. Dit help jou om uitdagings strategies aan te pak en stres in dryfkrag te verander - iets wat ek self moes leer tydens my oorgang van millwright na internasionale werwer.
Doel: Vind 'n werkgewer wat jou werksvisum kan borg.
Jou hoofdoel is om 'n Nederlandse maatskappy te kry wat jou aanstel én borg. Dit is die sleutel tot jou droom om hier te werk.
<aside> <img src="/icons/customs_yellow.svg" alt="/icons/customs_yellow.svg" width="40px" />
Let wel: By selfstandige aansoeke, wees voorbereid om die proses te lei en administratiewe take self te hanteer. Baie besighede, selfs al is hulle 'n geskikte borg, het min ervaring met die proses. Jy sal waarskynlik baie self moet hanteer, van jou BSN-nommer kry tot TB-toetse ens. My gids sal jou help om hierdie take te navigeer, gebaseer op my eie ervarings en die van diegene wat ek gehelp het om na Nederland te verhuis.
</aside>
As 'n werwer wat spesialiseer in die Nederlandse mark, kan ek nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om die minimum salarisvereistes vir HSM migrante in 2025 te verstaan:
Dit is noodsaaklik om werkgewers bewus te maak van hierdie wetlike vereistes, veral as jy self aansoek doen. Jy sal hulle moet laat besef dat jy die wetlik vereiste salaris aangebied moet word om jou visa te kry. Verstaan hoe hierdie vereistes jou aansoekproses kan beïnvloed.